1 Kronieke 11:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die hele Israel het na Dawid in Hebron gegaan en vir hom gesê: “Ons is almal deel van u familie.

2. Vir ’n lang tyd al, selfs terwyl Saul koning was, was u die een wat in werklikheid Israel gelei het. Die Here u God het vir u gesê: ‘Jy sal die herder vir my volk Israel wees. Jy sal hulle leier wees.’”

3. Dawid het voor die Here ’n ooreenkoms met die leiers van Israel gesluit. Hulle het hom as koning oor Israel gesalf, net soos die Here deur Samuel belowe het.

4. Dawid en die hele Israel het opgetrek teen Jerusalem, of soos dit vroeër genoem is, Jebus. Die Jebusiete, oorspronklike bewoners van die land, het daar gewoon.

1 Kronieke 11