1 Korintiërs 4:19-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Ek daag egter sommer eersdaags by julle op, as die Here wil. Dan sal ek wel uitvind of hierdie arrogante persone maar net grootpraters is, en of hulle tog oor God se krag beskik.

20. Want in die koninkryk van God gaan dit nie om blote praatjies nie, maar om ’n lewe in die krag van God.

21. Wat verkies julle? Moet ek met ’n lat na julle toe kom, of in ’n gesindheid van liefde en vriendelikheid?

1 Korintiërs 4