1 Konings 9:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Salomo het die tempel van die Here en die koninklike paleis klaar gebou. Hy het alles voltooi soos hy beplan het.

2. Toe verskyn die Here vir ’n tweede keer aan Salomo soos voorheen by Gibeon.

3. Die Here sê vir hom: “Ek het jou gebed en jou smeking gehoor. Hierdie tempel wat jy gebou het, heilig Ek sodat my Naam altyd daar vereer sal word. Ek sal voortdurend ’n wakende oog daaroor hou en dit onder my sorg neem.

4. Wat jou betref: Dien My met opregtheid en vroomheid soos jou pa, Dawid, gedoen het, doen alles wat Ek beveel het en voer my bevele en voorskrifte uit.

1 Konings 9