1 Konings 7:35-37 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

35. Rondom die bokant van elke waentjie was daar ’n ronde staander, ’n kwart meter hoog, met staanders en sypanele wat die kante toegemaak het.

36. Die sypanele en staanders het Hiram oral waar daar ruimte daarvoor was, versier met gerubs, leeus en palmbome, en met kranse reg rondom.

37. Al tien waentjies was eenders en van dieselfde grootte, want elkeen is in dieselfde gietvorm gemaak.

1 Konings 7