1 Konings 14:29-31 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

29. Die ander gebeurtenisse tydens Rehabeam se regering en alles wat hy gedoen het, is opgeteken in Die boek van die handelinge van die konings van Juda.

30. Daar was voortdurend oorlog tussen Rehabeam en Jerobeam.

31. Toe Rehabeam sterf, is hy in die familiegraf in die Dawidstad begrawe. Sy ma was Naäma, ’n Ammonitiese vrou. Sy seun Abia het hom as koning opgevolg.

1 Konings 14