1 Konings 11:30-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

30. Agija vat toe die nuwe mantel en skeur dit in twaalf stukke.

31. Toe sê hy vir Jerobeam: “Vat vir jou tien stukke, want die Here, die God van Israel sê: ‘So gaan Ek die koningskap van Salomo afskeur en tien van die stamme vir jou gee.

32. Ek sal een stam vir hom laat oorbly ter wille van my dienaar Dawid, en ter wille van Jerusalem wat Ek uit al die stamme van Israel gekies het.

1 Konings 11