1. Ek het weer my oë opgelig en gekyk en let op, vier strydwaens het tussen die twee berge uitgekom en die berge was koper berge.Open 6:1
2. By die eerste strydwa was rooi perde, by die tweede strydwa swart perde,
3. by die derde strydwa wit perde en by die vierde strydwa sterk bont perde.
4. Toe het ek gepraat en vir die boodskapper wat met my gepraat het, gesê: “Wat is hierdie, my meester?”
5. Die boodskapper het my geantwoord: “ Hierdie is die vier geeste van die hemel wat uitgaan nadat hulle voor die Meester van die hele aarde gestaan het,