8. In daardie dag sal יהוה die inwoners van Yerushalayim verdedig en die swakkes onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid en die huis van Dawid sal wees soos God, soos die boodskapper van יהוה, voor hulle.
9. Ek sal in daardie dag begin om al die nasies wat teen Yerushalayim kom, te vernietig.Open 1:7
10. Ek sal die Gees van onverdiende guns en van smeekbede oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Yerushalayim uitgiet en hulle sal opkyk na My vir Wie hulle deurboor het en hulle sal oor Hom rou soos ’n mens rou oor ’n enigste seun en hulle sal bitterlik oor Hom huil soos die bitterlike gehuil oor ’n uniek eersgeborene.
11. In daardie dag sal daar ’n groot rou wees in Yerushalayim, soos die rou van Hadad-Rimmon in die vlakte van Megiddo.