5. Hulle sal soos magtige manne wees, wat in die geveg die vuilgoed van die strate vertrap en hulle sal veg, want יהוה sal by hulle wees en die ruiters op perde sal beskaamd word.
6. Ek sal die huis van Y’hudah versterk en die huis van Yosef red en hulle terugbring omdat Ek liefdevolle omgee vir hulle gehad het en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is יהוה, hulle God en Ek sal hulle antwoord.
7. Efrayim sal wees soos ’n magtige man en hulle verstand, wil en emosie sal vrolik wees asof deur wyn; inderdaad, hulle kinders sal dit sien en bly wees, hulle verstand, wil en emosie sal in die rondte swaai van vreugde in יהוה.