Yoganan 7:9-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Hy het hierdie dinge gesê en in die Galil gebly,

10. maar nadat Sy broers opgegaan het na die fees, het Hy ook opgegaan, nie openlik nie, maar in die geheim.

11. Die mense van Y’hudah het Hom op die fees gesoek en gevra: “Waar is Hy?”

12. Daar is baie oor Hom gefluister onder die mense. Sommige het gesê: “Hy is goed,” maar ander het gesê: “Nee, Hy mislei die mense.”

13. Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie omdat hulle bang was vir dié van Y’hudah.

Yoganan 7