Yoganan 2:23-25 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Terwyl Hy, tydens die fees van Pesag, in Yerushalayim gebly het, het baie in Sy Outoriteit en Karakter vertrou omdat hulle die wondertekens wat Hy doen, gesien het,

24. maar Yeshua self het húlle nie vertrou nie omdat Hy almal geken het

25. en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand oor enige iemand sou getuig nie, want Hy self het geweet wat in die mens is.

Yoganan 2