5. Yeshua het uitgekom na buite toe en die doringkroon en die pers kleed gedra en Pilatos sê vir hulle: “Let op, hier is die Man!”
6. Toe die leierpriesters en die wagte Hom sien, skree hulle en sê: “Kruisig Hom, kruisig Hom!” Pilatos sê vir hulle: “Vat julle Hom en maak Hom dood aan ’n kruis, want ek vind geen skuld in Hom nie.”
7. Die Jode antwoord hom: “Ons het ’n wet en volgens ons wet moet Hy doodgemaak word omdat Hy Homself die Seun van God gemaak het.”
8. Toe Pilatos dit hoor, het hy nog banger geword
9. en weer in die kantore ingegaan en vir Yeshua gevra: “Van waar is U?” Yeshua het hom egter geen antwoord gegee nie.
10. Hierop sê Pilatos vir Hom: “Praat U nie met my nie? Weet U nie dat ek outoriteit het om U dood te maak aan die kruis en outoriteit het om U los te laat nie?”
11. Yeshua antwoord: “U sou geen outoriteit oor My hê as dit nie van bo vir u gegee is nie; daarom het hy wat My aan u oorgee, groter sonde as u.”
12. Hierop het Pilatos probeer om Hom los te laat, maar die Jode het geskree en gesê: “As u Hom loslaat, is u nie die keiser se vriend nie. Elkeen wat homself koning maak, is in opstand teen die keiser.”