Yoganan 19:19-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Pilatos het ook ’n opskrif geskryf en dit op die paal gesit. Daar is geskryf: YESHUA, VAN NATZERET, DIE KONING VAN DIE JODE.

20. Baie van die Jode het hierdie opskrif gelees omdat die plek waar Yeshua aan die kruis gehang het, naby die stad was. Dit is in Hebreeus, Grieks en Latyns geskryf

21. en die leierpriesters van die Jode het vir Pilatos gesê: “Moenie skryf: ‘Die Koning van die Jode’ nie, maar, ‘dat Hy gesê het: Ek is die Koning van die Jode’.”

Yoganan 19