Yoganan 12:42-47 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

42. Baie van die leiers het ook in Hom vertrou, maar ter wille van die Fariseërs het hulle dit nie bekendgemaak nie sodat hulle nie uit die bymekaarkompleke geban sou word nie,

43. want hulle het die lofprysing van mense meer liefgehad as die lofprysing van God.

44. Yeshua het uitgeroep en gesê: “Wie in My vertrou, vertrou nie in My nie, maar in Hom wat My gestuur het

45. en wie My sien, sien Hom wat My gestuur het.

46. Ek, die Lig, het in die wêreld gekom sodat elkeen wat in My vertrou, nie in die duisternis sou bly nie.

47. Wie ook al My boodskap hoor en dit nie doen nie, Ek veroordeel hom nie, want Ek het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie, maar sodat Ek lewe aan die wêreld kan gee.

Yoganan 12