Yirmeyahu 8:5-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Waarom dan het hierdie volk, Yerushalayim, weggedraai in voortdurende afvalligheid? Hulle hou vas aan misleiding, hulle weier om terug te keer.

6. Ek het geluister en gehoor: hulle praat wat nie reg is nie; geen mens het erken en berou oor sy boosheid en sê: ‘Wat het ek gedoen’ nie? Elkeen slaan sy koers in, soos ’n perd wat in die geveg in storm.

7. Selfs ’n reier in die lug ken haar seisoene en die tortelduif, die swaweltjie en die kraanvoël kom die tyd van hulle migrasie na, maar My volk ken nie die instellings van יהוה nie.

8. Hoe kan julle sê: ‘Ons is wys en die wet van יהוה is by ons?’ Let op, die leuenpen van die skrywers het dit tot ’n leuen gemaak.

9. Die wyse manne word beskaamd, is ontsteld en uitgevang. Let op, hulle het die woord van יהוה verwerp en watter soort wysheid sou hulle hê?

10. Ek sal daarom hulle vroue aan ander gee, hulle landerye aan nuwe eienaars, want van die kleinste tot die grootste is almal gierig na wins; vanaf die profeet tot die priester praktiseer almal misleiding.

11. Hulle genees die gebrokenheid van die dogter van My volk kunsmatig en sê: ‘Vrede, vrede,’ maar daar is geen vrede nie.

Yirmeyahu 8