Yirmeyahu 8:20-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

20. “Die oes is verby, die somer is ten einde en óns is nie gered nie!”

21. Vir die gebrokenheid van die dogter van my volk is ek gebroke; ek rou, ontsteltenis het my aangegryp.

22. Is daar geen balsem in Gil’ad nie? Is daar geen geneesheer daar nie? Waarom is die gesondheid van die dogter van my volk dan nie herstel nie? 23 Ag, was my kop maar water en my oog ’n fontein van trane sodat ek dag en nag mag huil vir die wat neergeslaan is van die dogter van my volk!

Yirmeyahu 8