16. Vanaf Dan word die gesnork van sy perde gehoor. Met die klank van die gerunnik van sy hingste bewe die hele land, want hulle kom en verteer die land en sy volheid, die stad en sy inwoners.
17. “Want let op, Ek stuur slange teen jou, adders waarteen geen beswering is nie en hulle sal julle byt,” verklaar יהוה.
18. My smart is verby genesing, my verstand, wil en emosie is flou binne-in my.
19. Let op, luister! Die uitroep van die dogter van my volk uit ’n ver land: “Is יהוה nie in Tziyon nie? Is haar Koning nie in haar nie?” “Waarom het hulle My getart met hulle gesnede beelde, met vreemde afgode?”