Yirmeyahu 52:9-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

9. Toe vang hulle die koning en bring hom op na die koning van Bavel, na Rivlah, in die land van Hamat en hy het ’n vonnis oor hom uitgespreek.

10. Toe het die koning van Bavel die seuns van Tzidkiyahu voor sy oë doodgeslaan en hy het ook al die prinse van Y’hudah in Rivlah doodgeslaan

11. en hy het die oë van Tzidkiyahu verblind en die koning van Bavel het hom met koper kettings geboei en hom na Bavel gebring en hom in die tronk gesit tot die dag van sy dood toe.

Yirmeyahu 52