31. Die een loper hardloop die ander tegemoet en die een boodskapper die ander, om aan die koning van Bavel te vertel dat sy stad van kant tot kant ingeneem is.
32. Die driwwe is ook oorgevat en hulle het die rietvleie met vuur verbrand en die krygsmanne is vreesbevange,
33. want so sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Die dogter van Bavel is soos ’n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; tog sal die oestyd in ’n kort rukkie vir haar kom.”
34. “N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het my verteer, my verpletter; hy het my neergesit soos ’n leë houer; hy het my ingesluk soos ’n monster; hy het sy maag vol gemaak met my lekkernye en my toe laat afdwaal.”