22. Let op, Hy sal opstyg en sweef soos ’n arend en Sy vlerke teen Botzrah uitsprei en die binneste van die magtige manne van Edom sal op dié dag wees soos die binneste van ’n vrou in kraam.
23. Aangaande Dammesek: “Hamat en Arpad word tot skande gemaak, want hulle het slegte nuus gehoor; hulle is mismoedig. Daar is benoudheid by die see, dit kan nie gekalmeer word nie.
24. Dammesek het hulpeloos geword, sy het omgedraai om te vlug en paniek het haar aangegryp; benoudheid en steekpyne het haar aangegryp soos ’n vrou wat geboorte gee.
25. Hoe is die stad van lofprysing nie verlaat nie, die dorp van My vreugde!
26. Haar jongmanne sal daarom val in haar strate en al die krygsmanne sal in daardie dag stil gemaak word,” verklaar יהוה-Tzva’ot.
27. “Ek sal die muur van Dammesek aan die brand steek en dit sal die versterkte torings van Ben-Hadad verteer.”
28. Aangaande Kedar en die koninkryke van Hatzor wat N’vukhadnetzar, koning van Bavel, verslaan het: so sê יהוה: “Staan op, gaan op teen Kedar en wis die manne van die Ooste uit.
29. Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvat; hulle sal vir hulleself hul tentdoeke, al hulle besittings en hulle kamele wegdra en hulle sal uitroep na mekaar: ‘Verskrikking aan elke kant!’
30. Hardloop weg, vlug! Skuil in die dieptes, o inwoners van Hatzor,” verklaar יהוה; “want N’vukhadnetzar, koning van Bavel, het ’n plan teen julle gemaak en ’n komplot teen julle uitgewerk.
31. Staan op, gaan op teen ’n nasie wat ontspanne is, wat veilig bly,” verklaar יהוה, “dit het geen poorte of grendels nie; hulle bly alleen.
32. Hulle kamele sal plunder word en hulle menigte beeste ’n buit en Ek sal hulle verstrooi na al die windstreke, die wat hulle hare aan die rand afskeer en Ek sal van alle kante af hulle rampe bring,” verklaar יהוה.