Yirmeyahu 48:16-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. “Die ramp van Mo’av sal gou kom en sy katastrofe is vinnig verhaas.

17. Rou vir hom, almal wat rondom hom is en almal wat sy naam ken! Sê: ‘Hoe is die magtige septer gebreek, die staf van prag en praal!’

18. Kom af uit jou lof en eer en sit op die geskroeide grond, o dogter wat in Divon bly, want die verwoester van Mo’av het teen jou opgekom, hy het jou vestings verwoes.

19. Staan by die pad en hou wag, o inwoner van `Aro’er! Vra vir hom wat vlug en vir haar wat ontsnap; sê: ‘Wat het gebeur?’

Yirmeyahu 48