Yirmeyahu 47:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit wat as die woord van יהוה tot Yirmeyahu, die profeet, gekom het aangaande die F’lishtyne, voordat Farao vir `Azah ingeneem het.

2. So sê יהוה: “Let op, waters gaan oprys uit die noorde en ’n oorlopende stroom word en die land en sy volheid oorstroom, die stad en die wat daarin woon en die mense sal uitroep en al die inwoners van die land sal huil,

3. as gevolg van die galoppende pote van sy perde, die geraas van sy strydwaens, die gedreun van sy wiele. Die vaders het nie teruggedraai vir die seuns nie, as gevolg van die slapheid van hulle hande,

Yirmeyahu 47