Yirmeyahu 4:23-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

23. Ek het na die aarde gekyk en let op, dit was vormloos en leeg

24. Ek het na die berge gekyk en let op, hulle het geskud en al die heuwels het heen en weer beweeg.

25. Ek het gekyk en let op, daar was geen mens nie en al die voëls van die hemele het gevlug.

26. Ek het gekyk en let op, die vrugbare land was ’n wildernis en al sy stede was afgebreek voor יהוה, voor Sy intense woede,

27. want so sê יהוה: “Die hele land sal ’n verlatenheid wees, tog sal Ek nie ’n volkome vernietiging uitvoer nie.

Yirmeyahu 4