34. Hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: ‘Ken יהוה,’ want hulle sal My almal ken, van die kleinste tot die grootste van hulle,” verklaar יהוה,Gen 8:22 wat die see in beroering bring sodat sy golwe dreun; יהוה-Tzva’ot is Sy Naam (Karakter en Outoriteit):
35. So sê יהוה wat die son gee vir lig bedags en die vaste orde van die maan en van die sterre vir lig in die nag;
36. “As hierdie vaste orde vertrek voor My Teenwoordigheid,” verklaar יהוה, “dan sal die nageslag van Yisra’el ook vir altyd ophou om ’n volk in My Teenwoordigheid te wees.”
37. So sê יהוה: “As die hemele daarbo gemeet kan word en die fondamente van die aarde bestudeer kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Yisra’el verwerp vir alles wat hulle gedoen het,” verklaar יהוה.
38. “Let op, daar kom dae,” verklaar יהוה, “wanneer die stad vir יהוה herbou sal word, vanaf die toring van Hanan’el af tot by die Hoekpoort.