22. Hoe lank sal jy heen en weer gaan, o trouelose dogter? Want יהוה het iets nuuts op die aarde geskep: die vrou sal haar man liefhê.”
23. So sê יהוה-Tzva’ot, die God van Yisra’el: “Weereens sal hulle hierdie woord sê in die land van Y’hudah en in sy stede, wanneer Ek hulle welvaart verander: ‘יהוה seën jou, o blyplek van onpartydige opregtheid, o afgesonderde heuwel!’
24. Y’hudah en al sy stede sal saam daarin bly, die landbouers en die wat met troppe rondgaan,
25. want Ek versadig die vermoeide een en verfris elkeen wat wegkwyn.”
26. Hiermee het ek wakker geword en opgelet, my slaap was vir my aangenaam.