21. ’n Stem is gehoor op die hoofpaaie, die gehuil en gesmeek van die seuns van Yisra’el omdat hulle hul lewenswyses bederf het, יהוה, hulle God, vergeet het.
22. “Draai terug, o ontroue seuns; Ek sal julle ontrouheid genees.” “Let op, ons kom na U toe, want U is יהוה, ons God.
23. Waarlik, die heuwels is ’n misleiding, ’n opskudding op die berge. Waarlik, in יהוה, ons God, is die verlossing van Yisra’el,
24. maar die skandelike ding het die arbeid van ons vaders verteer sedert ons jeug, hulle kleinvee en hulle beeste, hulle seuns en hulle dogters.