31. ’n Groot geraas het gekom tot by die einde van die aarde, want יהוה het ’n geskil met die nasies, Hy tree in die oordeel oor alle vlees; wat die bose oortreders betref, het Hy hulle oorgegee aan die swaard,’ verklaar יהוה.”
32. So sê יהוה-Tzva’ot: “Let op, boosheid gaan uit van nasie tot nasie en ’n groot storm word opgewek vanuit die afgeleë dele van die aarde.
33. Die wat deur יהוה neergeslaan is, sal op dié dag wees van die een einde van die aarde tot die ander. Daar sal nie oor hulle gerou word nie, hulle sal nie bymekaar gemaak word of begrawe word nie; hulle sal soos mis op die grond wees.
34. Huil, o herders en roep uit; rol rond in die as, julle meesters van die kudde, want die dae van julle slagting en uitmekaarjaag het gekom en julle sal val soos keur voorwerpe.
35. Die herders sal nie die pad kry om te vlug of die ramme van die trop ontsnap nie.