3. Toe het יהוה vir my gesê: “Wat sien jy, Yirmeyahu?” Ek het geantwoord: “Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg. So vrot, dit is te sleg om te eet.”
4. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:
5. “So sê יהוה, God van Yisra’el: ‘Soos hierdie goeie vye, so sal Ek die gevangenes van Y’hudah, wat Ek uit hierdie plek na die land van die Kasdeërs gestuur het, as goed beskou,
6. want Ek sal My oog oor hulle laat gaan vir die goeie en Ek sal hulle weer na hierdie land toe bring en Ek sal hulle opbou en nie afbreek nie en hulle plant en nie uitruk nie.