Yirmeyahu 20:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Ek sal ook al die rykdom van hierdie stad en al sy produkte en al sy kosbare dinge oorgee; selfs al die skatte van die konings van Y’hudah sal Ek oorgee in die hand van hulle vyande en hulle sal dit plunder, hulle wegvat en na Bavel bring

6. en jy, Pash’gur en almal wat in jou huis bly, sal in ballingskap gaan en jy sal Bavel binnegaan en daar sterf en daar begrawe word, jy en al jou vriende vir wie jy valslik geprofeteer het.’”

7. O יהוה, ek het U misverstaan en ek is mislei; U was te sterk vir my en het oorwin. Ek het ’n voorwerp van bespotting geword die hele dag lank; almal spot met my,

8. want elke keer as ek praat, roep ek dit hard uit; ek verkondig geweld en vernietiging, want die boodskap van יהוה het verwyt en bespotting vir my tot gevolg gehad die hele dag lank.

9. As ek egter sê: “Ek sal Hom nie onthou of meer in Sy Naam (Karakter en Outoriteit) praat nie,” dan word dit soos ’n brandende vuur in my verstand, wil en emosie wat in my gebeente opgesluit is en ek is moeg daarvan om dit in te hou, ek kan dit nie uithou nie,

Yirmeyahu 20