Y'hoshua 9:6-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. Hulle het na Y’hoshua gegaan in die kamp by Gilgal en vir hom en die manne van Yisra’el gesê: “Ons kom van ’n ver land af; sluit dan nou ’n verbond met ons.”

7. Die manne van Yisra’el het vir die Giviete gesê: “Miskien bly julle in ons land; hoe kan ons dan ’n verbond met julle sluit?”

8. Hulle sê egter vir Y’hoshua: “Ons is u diensknegte!” Toe vra Y’hoshua vir hulle: “Wie is julle en waar kom julle vandaan?”

9. Hulle sê vir hom: “U dienaars kom van ’n baie ver land af as gevolg van die verslag van die roem van יהוה, u God, wat ons aangaande Hom gehoor het en alles wat Hy in Mitzrayim gedoen het;

10. ook alles wat Hy aan die twee konings van die Emoriete oorkant die Yarden gedoen het, aan Sigon, die koning van Heshbon en `Og, die koning van Bashan, wat in `Ashtarot was;Deut 20:10-11

11. daarom het ons oudstes en al die inwoners van ons land met ons gepraat en gesê: “Neem padkos in julle hand vir die reis en gaan ontmoet hulle en sê vir hulle: ‘Ons is julle diensknegte, sluit dan nou ’n verbond met ons.’

Y'hoshua 9