Y'hoshua 5:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur dat, toe al die konings van die Emoriete wat anderkant die Yarden na die weste was en al die konings van die Kena’aniete wat by die see bly, gehoor het dat יהוה die water van die Yarden voor die seuns van Yisra’el uit opgedroog het totdat hulle deurgetrek het, hulle binneste versmelt en daar in hulle geen gees meer was vanweë die seuns van Yisra’el nie.

2. In daardié tyd het יהוה vir Y’hoshua gesê: “Maak vir jou klipmesse en besny weer die seuns van Yisra’el vir die tweede keer.”

3. Y’hoshua het vir hom klipmesse gemaak en die seuns van Yisra’el besny by Giv’atHa’Aralot (die heuwel van die voorhuide).

Y'hoshua 5