Y'hoshua 19:49-51 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

49. Toe hulle klaar die land volgens sy grense as erfenis verdeel het, het die seuns van Yisra’el aan Y’hoshua, die seun van Nun, ’n erfenis tussen hulle gegee.

50. Volgens die bevel van יהוה het hulle vir hom die stad gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die Bergland van Efrayim. Hy het die stad opgebou en daarin gaan bly.

51. Dit is die erfenisse wat El’azar, die priester, Y’hoshua, die seun van Nun en die familiehoofde van die stamme van die seuns van Yisra’el as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Shiloh, voor die Teenwoordigheid van יהוה, by die ingang van die Tent van Ontmoeting. So het hulle klaar die land verdeel.

Y'hoshua 19