Y'hoshua 19:15-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. asook Kattat, Nahalal, Shimron, Yid’alah en Beit-Legem: twaalf stede met hulle dorpe.

16. Hierdie was die erfenis van die seuns van Z’vulun, volgens hulle families; hierdie stede met hulle dorpe.

17. Die vierde lot het op Yissakhar geval, vir die seuns van Yissakhar volgens hulle families;

18. hulle gebied was tot by Yizre’el en sluit in: K’sullot, Shunem,

19. Hafarayim, Shi’on, Anagarat,

20. Rabbit, Kishyon, Evetz,

21. Remet, `Ein-Gannim, `Ein-Hadda en Beit-Patzetz.

22. Die grens het geloop tot by Tavor, Shagatzimah en Beit-Shemesh en hulle gebied eindig by die Yarden: sestien stede met hulle dorpe.

Y'hoshua 19