8. Saam met die ander halwe stam het die Re’uveniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moshe oorkant die Yarden, na die ooste, aan hulle gegee het, net soos Moshe, die kneg van יהוה, aan hulle gegee het:
9. vanaf `Aro’er, wat aan die kant van die Arnonvallei lê, met die stad wat in die middel van die vallei is en die hele vlakte van Meidva tot by Divon;
10. al die stede van Sigon, koning van die Emoriete wat in Heshbon regeer het, tot by die grens van die seuns van `Amon;
11. Gil’ad en die grondgebied van die G’shuriete en Ma’akhatiete en die hele Berg Hermon en die hele Bashan tot by Salkhah;
12. die hele koninkryk van `Og in Bashan, wat geheers het in `Ashtarot en in Edre’i (hy alleen het oorgebly van die Refa’iete), want Moshe het hulle verslaan en onteien.
13. Die seuns van Yisra’el het egter nie die G’shuriete en Ma’akhatiete onteien nie, want G’shur en Ma’akhat bly tussen Yisra’el tot vandag toe.
14. Net aan die stam van Levi het hy geen erfenis gegee nie: die vuuroffers aan יהוה, die God van Yisra’el, is hulle erfenis, soos Hy hom beloof het.
15. Moshe het aan die stam van die seuns van Re’uven gegee volgens hulle families.
16. Hulle grondgebied was van `Aro’er af wat aan die kant van die Arnonvallei lê, met die stad wat in die middel van die vallei is en die hele vlakte by Meidva;
17. Heshbon en al sy stede wat in die vlakte lê, Divon, Bamot-Ba’al en Beit-Ba’alM’on;
18. Yahatz, K’demot en Mefa’at;
19. Kiryatayim, Sivmah en Tzeret-Shagar, op die heuwel van die vallei;
20. Beit-P’or, die hange van Pisgah en Beit-Yeshimot;
21. selfs al die stede van die Vlakte en die hele koninkryk van Sigon, koning van die Emoriete wat in Heshbon regeer het, wat Moshe verslaan het saam met die vorste van Midyan: Evi, Rekem, Tsur, Hur en Reva, die prinse van Sigon, wat in die land gebly het.
22. Saam met hulle dooies het die seuns van Yisra’el ook vir Bil’am, die seun van B’or, die waarsêer, met die swaard doodgemaak.
23. Die grens van die seuns van Re’uven was die Yarden. Hierdie was die erfenis van die seuns van Re’uven volgens hulle families, die stede met hulle dorpe.
24. Moshe het ook vir die stam van Gad ’n erfenis gegee volgens hulle families.
25. Hulle grondgebied was: Ya’zer, al die stede van Gil’ad en die helfte van die land van die seuns van `Amon, so ver as `Aro’er wat voor Rabbah lê,
26. van Heshbon af so ver as Ramot-Mitzpeh en B’tonim en van Maganayim af tot by die grens van Lidvir