Yesha'yahu 9:5-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. want elke stem wat gehoor word, bring verskrikking en klere wat in bloed gerol is, maar dit sal wees om te verbrand; brandstof vir die vuur,

6. want ’n jong Seun is vir ons gebore, ’n Seun is vir ons gegee; die regering sal op Sy skouers rus; Sy Naam (Karakter en Outoriteit) word genoem: Wonderlike Raadgewer, Magtige God, Ewige Prins van Vrede.Hand 1:6; Heb 1:8

7. Daar sal geen einde wees aan die vermeerdering van Sy regering en van Sy vrede, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, nie; om dit te bevestig en dit in stand te hou met regverdigheid, onpartydige opregtheid, van toe af aan en vir ewig. Die ywer van יהוה-Tzva’ot sal dit uitvoer.

8. יהוה stuur ’n boodskap teen Ya’akov en dit val op Yisra’el.

9. Al die mense weet dit; Efrayim en die inwoners van Shomron, wat in trotsheid en arrogansie van verstand, wil en emosie verklaar:

10. “Die bakstene het geval, maar ons sal met gladde klip bou; die wildevyebome is afgekap, maar ons sal hulle met seders vervang;”

Yesha'yahu 9