Yesha'yahu 66:3-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Hy wat ’n bees slag is soos een wat ’n man doodslaan; hy wat ’n lam offer, soos hy wat ’n hond se nek breek; hy wat ’n graanoffer bring soos een wat varkbloed offer; hy wat wierook brand, is soos hy wat ’n afgod seën. Soos húlle hul eie paaie gekies het en hulle lewens ’n behae in hul verwerplikhede het,

4. so sal Ek hulle strawwe kies en dit wat hulle vrees oor hulle bring omdat Ek geroep het, maar niemand het geantwoord nie; Ek het gepraat, maar hulle het nie geluister nie; hulle het boos gedoen in My oë en gekies wat My nie behaag nie.”

5. Hoor die woord van יהוה, julle wat bewe voor Sy Woord! “Sê aan julle broers wat julle haat, wat julle uitsluit om My Naam (Karakater en Outoriteit) ontwil: ‘Laat יהוה geloof en geëer word.’ Wees vol vreugde in jou blydskap en hulle sal beskaamd staan!”

Yesha'yahu 66