11. Let op, יהוה het tot aan die einde van die aarde aangekondig, sê vir die dogter van Tziyon: “Kyk, jou Verlossing kom; let op, Sy beloning is by Hom en Sy vergoeding voor Hom.”
12. Hulle sal genoem word: “Die afgesonderde volk, die vrygekooptes van יהוה” en jy sal genoem word: “Uitgesoekte, ’n stad nie in die steek gelaat nie.”