3. ‘Waarom het ons gevas en U sien dit nie? Waarom het ons ons verneder en U let dit nie op nie?’ Let op, op die dag wat julle vas, doen julle net wat jul begeer en bring offers aan al julle afgode.
4. Let op, julle vas vir die doel van twis en tweedrag en om te slaan met ’n bose vuis. Julle sal nie vas soos julle dit vandag doen, as julle jul stem in die hoogte wil laat hoor nie.
5. Is dit ’n vas soos dié wat Ek verkies, ’n dag vir ’n mens om homself te verneder? Is dit om die kop te buig soos ’n riet en om sak en as uit te sprei as ’n bed? Noem jy dít ’n vas, ’n aanvaarbare dag vir יהוה?