Yesha'yahu 5:28-30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Hulle pyle is skerp en hulle boë gespan; die pote van hulle perde is soos ’n vuursteen en hulle wiele soos ’n warrelwind.

29. Hulle gebrul is soos dié van ’n leeuwyfie, hulle brul soos jong leeus; dit grom as hy die prooi gryp en wegsleep sonder dat iemand dit red.

30. Dit sal in dié dag daaroor grom soos die gedreun van die see. As iemand na die aarde kyk, let op, daar is duisternis en benoudheid; selfs die lig is verduister deur dik duisternis.

Yesha'yahu 5