Yesha'yahu 46:11-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. wat ’n roofvoël roep uit die ooste, die man van My doel uit ’n ver land. Waarlik, Ek het gepraat, Ek sal dit laat gebeur. Ek het dit beplan, Ek sal dit doen.

12. Luister na My, julle hardkoppiges, wat ver is van onpartydige opregtheid!

13. Ek bring My onpartydige opregtheid naby; dit is nie ver nie en My verlossing sal nie vertoef nie en Ek sal verlossing gee in Tziyon en My lof, eer en aanbidding aan Yisra’el.”

Yesha'yahu 46