Yesha'yahu 43:11-21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Ek, Ek is יהוה en daar is geen Verlosser buiten My nie.

12. Dit is Ék wat verkondig, gered en aangekondig het en daar was geen vreemde god onder julle nie; julle is My getuies,” verklaar יהוה, “en Ek is God.

13. Selfs van ewigheid af is Ek Hy en daar is niemand wat kan red uit My Hand nie; Ek tree op en wie kan dit omkeer?”

14. So sê יהוה, jou Loskoper, die Afgesonderde van Yisra’el: “Om julle ontwil het Ek na Bavel gestuur en sal hulle almal, die Kasdeërs, as vlugtelinge laat afkom in die skepe waarop hulle hul beroem.

15. Ek is יהוה, julle Afgesonderde Een; die Skepper van Yisra’el, julle Koning.”

16. So sê יהוה wat deur die see ’n roete en deur die magtige waters ’n pad gemaak het,

17. wat die strydwa en die perd, die leërmag en die magtige manne laat deurkom het; hulle sal saam lê en nie weer opstaan nie; hulle is uitgedoof en uitgeblus soos ’n lamppit.

18. “Moenie die vorige dinge oproep of dinge van die verlede oordink nie.

19. Let op, Ek sal iets nuuts doen, nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie opmerk nie? Ek sal selfs ’n pad in die wildernis maak, riviere in die woestyn.

20. Die wilde diere van die veld sal My loof en eer, die jakkals en die volstruis, want Ek het waters in die wildernis gegee en riviere in die woestyn, om My gekose volk te laat drink.1 Kef 2:9

21. Die volk wat Ek vir Myself gevorm het, sal My lof verkondig.

Yesha'yahu 43