Yesha'yahu 4:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In dié dag sal sewe vroue een man gryp en sê: “Ons sal ons eie brood eet en ons eie klere aantrek, laat ons net by jou naam genoem word; vat ons skande weg.”

2. In dié dag sal die Spruit van יהוה mooi en tot eer en lof wees en die vrug van die aarde sal die trots en versiering van die oorgeblewenes van Yisra’el wees.

3. Dit sal gebeur dat hy wat in Tziyon oor is en agterbly in Yerushalayim, afgesonderd genoem sal word; elkeen wat opgeteken is en lewe in Yerushalayim.

Yesha'yahu 4