Yesha'yahu 34:11-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. maar pelikane en uile sal dit besit en kraaie en volstruise sal daarin bly en Hy sal die maatband van die swaard daaroor uitstrek en daar sal geen vreugde wees nie.

12. Sy edeles, daar sal niemand wees wat hulle as koning kan verklaar nie en al sy prinse sal niks wees nie.

13. Dorings sal in sy versterkte torings opkom, brandnetels en distels in sy versterkte stede; dit sal ’n lêplek vir jakkalse, ’n blyplek vir volstruise wees.

14. Die woestyn gediertes sal die wolwe ontmoet; die wolhaar bok sal ook na sy soort roep; ja, die nagmonster sal daar bly en vir haarself ’n rusplek vind.

15. Die groot uil sal haar nes daar maak, eiers lê, uitbroei en onder haar skaduwee bymekaarmaak. Ja, die aasvoëls sal daar bymekaarkom, elkeen met haar maat.

Yesha'yahu 34