Yesha'yahu 28:8-16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. want al die tafels is vol walglike uitbraaksel, sonder ’n enkele skoon plek.Mal 2:5-9; Heb 5:12-14

9. Vir wie wil hy kennis leer en vir wie wil hy die boodskap interpreteer? Vir hulle wat van melk gespeen is? Dié wat van die borste weggevat is?

10. Want, “vuilheid is op vuilheid, vuilheid op vuilheid, braaksel is op braaksel, braaksel op braaksel, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie.”

11. Hy sal inderdaad met hierdie volk praat deur hakkelende lippe en ’n vreemde tong,

12. Hy wat aan hulle gesê het: “Hier is rus, gee rus aan die vermoeides” en “hier is verfrissing,” maar hulle wou nie luister nie.

13. So sal die woord van יהוה vir hulle wees: “Vuilheid is op vuilheid, vuilheid op vuilheid, braaksel is op braaksel, braaksel op braaksel, hier ’n bietjie, daar ’n bietjie” sodat hulle kan gaan en agteruit struikel, gebreek word, in ’n strik val en gevang word.

14. Hoor daarom die Woord van יהוה, julle spotters, wat heers oor hierdie volk wat in Yerushalayim is

15. omdat julle gesê het: “Ons het ’n verbond met die dood gesluit en met Sh’ol het ons ’n verdrag aangegaan. Die oorweldigende gésel sal ons nie bereik wanneer Hy verbykom nie, want ons het valsheid ons skuilplek gemaak en onsself in misleiding weggesteek;”Rom 9:33; 1 Kef 2:6

16. daarom, so sê die Meester יהוה: “Let op, Ek lê in Tziyon ’n Steen, ’n beproefde Steen, ’n duur Hoeksteen vir die fondasie, stewig neergesit. Hy wat daarin vertrou, sal nie bang wees nie.

Yesha'yahu 28