Yesha'yahu 25:1-3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. יהוה, U is my God! U sal ek oplig; ek sal dank gee aan U Naam (Karakter en Outoriteit), want U het wonders gedoen, getroue raadgewing gegee vanaf lank terug, dit is waar,

2. want U het ’n stad verlaag tot ’n hoop, ’n versterkte vesting tot ’n puinhoop; ’n paleis van vreemdes is geen stad meer nie, dit sal nooit weer herbou word nie.

3. ’n Sterk volk sal U daarom loof en eer, stede van gewetenlose nasies sal U respekvol vrees,

Yesha'yahu 25