Yesha'yahu 24:21-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Dit sal in daardie dag so gebeur dat יהוה die hemelse leërskare daar bo sal straf en die konings van die aarde op die aarde.

22. Hulle sal bymekaar gemaak word, soos gevangenes, in die ondergrondse sel en in die tronk toegemaak wees en ná baie dae sal hulle gestraf word.Open 21:23

23. Dan sal die maan rooi word van skaamte en die son beskaamd, want יהוה-Tzva’ot sal regeer op die berg Tziyon en in Yerushalayim en Sy eer, lof en aanbidding sal voor die oudstes wees.

Yesha'yahu 24