Yesha'yahu 22:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die profetiese visioen aangaande die Vallei van Visie: wat is dit nou met julle dat julle almal op die huise se dakke geklim het?

2. Julle wat vol geraas was, luidrugtige dorp, jubelende stad; jou dooies is nie deur die swaard gedood of het nie in die geveg gesterf nie.

3. Al jou heersers het saam gevlug en is sonder boog gevang; almal van jou wat gevind is, is saam gevange geneem, hoewel hulle ver weg gevlug het.

4. Ek sê daarom: “Draai jou oë weg van my af, laat my bitterlik huil; moenie probeer om my te troos aangaande die verwoesting van die dogter van my volk nie,”

Yesha'yahu 22