Yesha'yahu 21:12-15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. Die waaksman sê: “Die oggend kom, maar ook die nag. As julle moet vra, vra; kom weer terug.”

13. Die profetiese visioen aangaande Arabië: “In die ruigtes van Arabië moet julle oornag, karavane van die D’daniete!

14. Bring water vir die wat dors is, o inwoners van die land van Teima, ontmoet die vlugteling met brood,

15. want hulle het vir die swaarde gevlug, vir die getrekte swaard, vir die gespande boog en vir die druk van die geveg,

Yesha'yahu 21