Yesha'yahu 20:3-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. יהוה het gesê: “Net soos My dienskneg Yesha’yahu kaal en kaalvoet geloop het vir drie jaar lank as ’n teken en bewys teen Mitzrayim en Kush,

4. so sal die koning van Ashur die gevangenes van Mitzrayim en die ballinge van Kush weglei, jonk en oud, kaal en kaalvoet, met agterstewes ontbloot, tot die skande van Mitzrayim.

5. Dan sal hulle ontsteld en beskaamd wees as gevolg van Kush, hulle hoop en Mitzrayim, hulle trots.

6. So sal die inwoners van hierdie kusland in dié dag sê: ‘Let op, dít is ons hoop, waarheen ons gevlug het om hulp, om bevry te word van die koning van Ashur en ons, hoe sal óns ontvlug?’”

Yesha'yahu 20