Yesha'yahu 15:6-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. want die waters van Nimrim is verlate, die gras is verseker verlep, die grasspruitjies het doodgegaan, daar is geen groenigheid nie.

7. Hulle dra daarom die oorvloed wat hulle bymekaargemaak en gestoor het oor die Wilgerspruit,

8. want die uitroep van benoudheid het in die grondgebied van Mo’av rondgegaan, sy gehuil so ver as tot by Eglayim en sy huilery selfs tot by Be’er-Elim,

9. want die waters van Dimon is vol bloed; Ek sal sekerlik meer oor Dimon bring, ’n leeu oor die vlugtelinge van Mo’av en oor die van die land wat oorgebly het.”

Yesha'yahu 15